# Nog drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n Johannesburgse metropolisiebeampte verlede week in Vlakfontein. Altesaam vyf mense is nou vir die moord vasgetrek. ‘n Woordvoerder van die Valke in Gauteng, Katlego Mogale, sê die span het inligting opgevolg wat hulle na twee huise in Dobsonville, Soweto gelei het waar hulle die voertuig gevind het wat die verdagtes glo die dag van die moord gebruik het, asook twee vuurwapens, waarvan een dié van die beampte. Die vyf verskyn vandag in die Lenasia-landdroshof.
Nog drie verdagtes in hegtenis geneem vir die moord op ‘n JMPD-beampte