# Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, dagvaar die forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan vir laster. Dit volg nadat O’Sullivan bewerings op mediaplatforms gemaak het dat Mkhwanazi betrokke is by misdadige aktiwiteite, ‘n moordbende bestuur en by korrupsie betrek word. Hy het Mkhwanazi en die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, ook daarvan beskuldig dat hulle betrokke was by die onwettige besteding van 35-miljoen-rand aan luukse voertuie. Mkhwanazi eis vyf-miljoen-rand se skadevergoeding.
Nhlanhla Mkhwanazi dagvaar Paul O’Sullivan vir R5-miljoen oor laster