Nuus 18:00
BULLETIN 10 Junie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die president en die speaker van die Nasionale Vergadering gaan Vrydag verkies word
# Gumede word opgeroep na die Springbok-oefenkamp nadat Kolbe vrygestel is met ‘n knieprobleem
# En, twee bejaarde mans word aangehou na die moord op ‘n 80-jarige in ‘n bakleiery in ‘n ouetehuis in Noordwes
# Hoofregter Raymond Zondo het aangekondig die president en die speaker van die Nasionale Vergadering sal Vrydag verkies word. Zondo sal toesig hou oor die eerste sitting van die Nasionale Vergadering, waar lede hul eed sal aflê en ‘n speaker sal verkies. Die Nasionale Vergadering in Kaapstad sal die inhuldiging van die Parlementslede aanskou. Volgens die Grondwet moet ‘n president verkies word binne 14-dae nadat die verkiesing se uitslae verklaar is. Lede van die Nasionale Raad van Provinsies sal die volgende dag ingehuldig word.
Intussen sê die Parlement hy hou by sy grondwetlike verantwoordelikhede ondanks die MK-party se boikot van die eerste sitting van die Nasionale Vergadering en uitdaging van verkiesingsuitslae. Reëlings word reeds getref vir alle verkose lede, sonder dié van MK, vir die eerste sitting in Kaapstad. Die woordvoerder, Moloto Mothapo, verwerp aansprake van ongrondwetlikheid, en sê die Parlement word wetlik verplig om die sitting te hou:
# Israel se telekommunikasiereguleerder het die verbod op Al Jazeera met nog 45 dae verleng weens sekerheidsbekommernisse. ‘n Hof in Tel Aviv het die aanvanklike verbod van 35 dae toegelaat, wat Saterdag geëindig het. Die Hooggeregshof het die verbod as ‘n presedent beskryf en die regering versoek om dit teen 8 Augustus te regverdig. Die nuus-kanaal beplan om te appelleer en ontken dat hy geweld aanhits. Israel se minister van Kommunikasie, Shlomo Karhi, beweer Al Jazeera stel nasionale sekerheid in gevaar, en wil die verbod verder verleng.
# Rugby: Die Bulle se losvoorspeler, Celimpilo Gumede, is vandag opgeroep na sy eerste Springbok-oefenkamp en was dadelik ingespan in die span se middagoefening in Pretoria. Dit volg op die vrystelling van die tweemalige Wêreldbekerkampioen-vleuel Cheslin Kolbe, wat ‘n dokter moet sien vir ‘n seer knie. Die span wat volgende naweek op Twickenham teen Wallis speel in hulle eerste toets van die seisoen, sal volgende Dinsdag aangekondig word. Die groep vertrek die volgende aand na Londen.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-82-sent teen die dollar, 20-rand-21-sent teen die euro en 23-rand-93-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-382-dollar-85-sent. Die prys van goud is twee-duisend-303-dollar-57-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-33-sent per vat.
# En, twee bejaarde mans van 75 en 92 bly in aanhouding na die moord op ‘n 80-jarige mede-inwoner van ‘n ouetehuis in Noordwes tydens ‘n bakleiery vier-uur die oggend. Die polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê die slagoffer het blykbaar gestamp teen een van die verdagtes, wat hom toe met sy krukke bygekom het. Albei verdagtes het hom toe na bewering aangerand, waarop die man dood is:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….