Nuus 17:00
BULLETIN 10 June 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Parlement herbevestig sy toewyding aan sy grondwetlike verantwoordelikhede ondanks die MK-party se boikot
# Al Jama-ah waarsku die ANC teen die terugkeer van ‘n wit bewind in ‘n regering van nasionale eenheid
# En, tennis: Djokovic sak terug na die derde plek op die wêreldranglys na sy onttrekking aan die Franse Ope
# Die Parlement hou by sy grondwetlike verantwoordelikhede ondanks die MK-party se boikot van die eerste sitting van die Nasionale Vergadering en uitdaging van verkiesingsuitslae. Reëlings word reeds getref vir alle verkose lede, sonder dié van MK, vir die eerste sitting in Kaapstad. Die woordvoerder, Moloto Mothapo, verwerp aansprake van ongrondwetlikheid, en sê die Parlement word wetlik verplig om die sitting te hou:
Vroeër het die leier van Al Jama-ah, Ganief Hendricks, die ANC gewaarsku teen die vorming van ‘n regering van nasionale eenheid, en waarsku dit kan tot die terugkeer van wit bewind lei. Hendricks beklemtoon ‘n regering van nasionale eenheid sal swart ekonomiese beheer en herstelwerk ondermyn. Hy het kommer uitgespreek en sê dit sal ‘n agteruitgang beteken na apartheidsera-ongelykhede en ware vryheid vertraag:
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Sameweking, Naledi Pandor, sê BRICS-samewerking is deurslaggewend vir inklusiewe groei en wêreldhervorming. Pandor het op die BRICS- ministers van Buitelandse Sake se vergadering in Rusland die uitbreiding van BRICS verwelkom, en samewerking aangemoedig ten opsigte van finansies, die ekonomie, politiek en kultuur. Pandor vra volgehoue hervormings-momentum, wat handel en belegging behou, en volhoubare ontwikkelingsdoelwitte steun. Sy herbevestig Suid-Afrika se toewyding aan samewerking met die nuwe lede van BRICS vir globale groei en ontwikkeling.
# Israel se telekommunikasiereguleerder het die verbod op Al Jazeera met nog 45 dae verleng weens sekerheidsbekommernisse. ‘n Hof in Tel Aviv het die aanvanklike verbod van 35 dae toegelaat, wat Saterdag geëindig het. Die Hooggeregshof het die verbod as ‘n presedent beskryf en die regering versoek om dit teen 8 Augustus te regverdig. Die nuus-kanaal beplan om te appelleer en ontken dat hy geweld aanhits. Israel se minister van Kommunikasie, Shlomo Karhi, beweer Al Jazeera stel nasionale sekerheid in gevaar, en wil die verbod verder verleng.
# Tennis: Daar is verskeie veranderings onder die top-tien op die mans-wêreldranglys na die Franse Ope. Jannik Sinner van Italië en die kampioen, Carlos Alcaraz, het Novak Djokovic van Serwië verbygesteek, wat afgesak het na derde plek nadat hy voor die kwarteindronde moes onttrek. Alexander Zverev van Duitsland, wat teen Alcaraz verloor het, bly vierde, gevolg deur die Russe Daniil Medvedev en Andrey Rublev, Casper Ruud van Noorweë en Hubert Hurkacz van Pole. Die Australiër Alex de Minaur het opgeskuif na negende, met Grigor Dimitrov van Bulgarye tiende.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-78-sent teen die dollar, 20-rand-18-sent teen die euro en 23-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-323-dollar-63-sent. Die prys van goud is twee-duisend-305-dollar-32-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-5-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….