Nuus 15:00
BULLETIN 10 Junie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa vra voortgesette ekonomiese hervorming in die sewende administrasie
# Politieke partye vra ‘n afgetrede regter moet die samesprekings oor ‘n regering van nasionale eenheid bemiddel
# En, rugby: Arendse, Hanekom en Nohamba word benoem as die VRK se Speler van die Seisoen
# President Cyril Ramaphosa het gevra vir voortgesette ekonomiese hervorming om groei en werkskepping te bevorder. Hy het in sy weeklikse nuusbrief klem gelê op die handhawing van hervormingsmomentum ná die verkiesing, ongeag die samestelling van die nuwe administrasie. Ramaphosa sê vordering is gemaak met energie, water en logistiek tydens Operasie Vulindlela, wat beleggersvertroue verbeter het ondanks uitdagings soos beurtkrag. Hy het die betrokkenheid van die privaat sektor by die verbetering van infrastruktuur en die visumstelsel beklemtoon, en politieke partye en die samelewing aangemoedig om saam te werk om ekonomiese transformasie aan te vuur.
Intussen vra verskeie politieke partye hoofregter Raymond Zondo om ‘n afgetrede regter aan te stel om die samesprekings oor die vorming van ‘n regering van nasionale eenheid te bemiddel. Die partye sluit in die UDM, ACDP en Build One South Africa. Yongaba Zigebe van die UDM beklemtoon die behoefte aan duidelikheid oor die vorming van ‘n nuwe Parlement:
# Die Instituut vir Sekerheidstudies glo Suid-Afrika het die nodige vaardighede en bronne om wetstoepassing en veiligheid te verbeter. Die instituut sê met toegewyde leierskap deur die president en die minister van Polisie kan hervormings lei tot ‘n gemotiveerde en vertroude polisiediens, verlaagde misdaadsyfers en beter openbare veiligheid. Hy sê praktiese stappe sluit in ingryping in die werwingsprogram, integriteitsverbetering en ‘n fokus op die belangrikste oortreders. Dit kan openbare vertroue herstel en Suid-Afrika veiliger maak. Die instituut stel op 27 Junie uitgebreide aanbevelings voor om die land se veiligheidstrajek te hervorm.
# Die Stad Kaapstad sê hy het ‘n toename gemerk in die viktimisering van sy kontrakteurs en afleweringspersoneel deur afpersers en boubedryf-mafiasindikate. Die aantal begeleidingsvoertuie vir metro-afdelings en kontrakteurs het van 759 in een maand in 2022/23 toegeneem tot eenduisend-292 in die huidige boekjaar, wat ‘n toename van 70-persent is. Die burgermeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê 105 gevalle is sedert Januarie verlede jaar aangemeld:
# Rugby: Kurt-Lee Arendse en Cameron Hanekom van die Bulle kom te staan teen die Leeus se veelsydige Sanele Nohamba vir Suid-Afrika se gesogte Verenigde Rugby Kampioenskaps-speler van die Seisoen-toekenning. Die drietal van Gauteng het die meeste stemme in die benoemingsproses gekry, met die Springbokke se hoofafrigter, Rassie Erasmus, die vier Suid-Afrikaanse konsessies en die plaaslike media wat hulle sterspelers van die seisoen gekies het. Die wenner word volgende Dinsdag aangekondig as deel van die VRK-toekennings vir die seisoen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-75-sent teen die dollar, 20-rand-15-sent teen die euro en 23-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-364-dollar-92-sent. Die prys van goud is twee-duisend-300-dollar-58-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-84-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….