Nuus 14:00
BULLETIN 16 Junie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Monicca Dube se gesin onthul ‘n vorige sluipmoordpoging op haar
# Eskom kry goedkeuring vir die stigting van sy Eskom Green-filiaal
# En sokker: Tuchel wil aanbly as Engeland se afrigter ná hul Wêreldbeker-nederlaag teen Argentinië
# Die gesin van die EFF in Tshwane se vermoorde sekretaresse en verkiesingskoördineerder, Monicca Dube, het onthul daar was vorige sluipmoordpogings op haar. Haar man, Hilton, glo meer mense is betrokke as die 35-jarige verdagte wat na verwagting vandag in die Landdroshof in Cullinan verskyn. Dube is verlede maand in haar huis in Wallmannsthal doodgeskiet. Haar man sê die inhegtenisneming bring hoop aan ‘n gemeenskap waar baie moorde steeds onopgelos is:
# Eskom het regulatoriese goedkeuring ontvang vir sy hernubare energie-onderneming, Eskom Green, en om befondsing te bekom. Uitvoerende hoof, Dan Marokane, noem dit ‘n belangrike mylpaal in hul strategie vir ontbondeling, die verskaffing van grootskaalse hernubare energievermoë en die vermindering van koolstofuitstralings en ander lugbesoedelaars. Hy sê Eskom Green wil teen 2040 tot 32-gigawatt lewer. Meer as twee-derdes van die geleenthede vir hernubare energie-opwekking bly beskikbaar vir die privaat sektor, terwyl dit beleggers ook kans bied om ‘n vennootskap met Eskom Green aan te gaan en daarin te belê.
# Die DA in die Wes-Kaap is bekommerd oor die leerlingrybewys-slaagsyfer van 17-persent in die vorige boekjaar onder die nuwe gerekenariseerde leerlingrybewys-toetsstelsel. Die stelsel kies lukraak vrae uit ‘n databasis met sowat een-duisend-200 vrae. Nomafrench Mbombo van die DA sê die party ondersteun hervorming wat padveiligheid verbeter en geleentheid vir bedrog verminder. Sy voeg by die veranderinge moet egter met doeltreffende openbare opvoeding gepaard gaan:
Nuus uit die buiteladn:
# President Donald Trump het die Amerikaanse Handelsverteenwoordiger, Jamieson Greer, gelas om ‘n heffing van 25-persent op die meeste invoere uit Brasilië in te stel weens beweerde onregverdige handelspraktyke. Dit tree Woensdag in werking. Verskeie produkte soos beesvleis, koffie, farmaseutiese produkte en sekere grondstowwe word vrygestel. Greer sê ‘n ondersoek toon Brasilië se beleid benadeel Amerikaanse belange deur gebruike wat verband hou met digitale handel, onregverdige voorkeurtariewe en toegang tot die etanolmark. Hy sê Amerika is steeds bereid om met Brasilië te onderhandel om die kwessies op te los.
# Sokker: Hoofafrigter Thomas Tuchel wil aanbly om Engeland na die Euro 2028 te lei. Die Duitser loop onder kritiek deur vir sy verdediging-plaasvervangers in die Wêreldbeker-halfeindronde in Atlanta, waar sy span ʼn voorsprong van 1-0 verkwis en 2-1 teen die heersende kampioen, Argentinië, verloor het. Tuchel, wat in Januarie 2025 aangestel is, het in Februarie sy kontrak met twee jaar verleng. Hy aanvaar volle verantwoordelikheid vir die besluite wat hy tydens die wedstryd geneem het:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-35-sent teen die dollar, 18-rand-74-sent teen die euro en 22-rand-8-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-173-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-32-dollar-98-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 83-dollar-79-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….