Nuus 11:00
BULLETIN 27 Julie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die president onderteken die Wysigingswetsontwerp op Maatskappye en die Tweede Wysigingswetsontwerp op Maatskappye
# Die MK-party se Facebookblad word gekraak
# En, Olimpiese Spele: Die Departement van Sport sê Israel se deelname in Parys skend die gees van die spele
# President Cyril Ramaphosa het wysigings aan die Maatskappyewet van 2008 om sakegerief en korporatiewe deursigtigheid te verbeter. Die Wysigingswetsontwerp op Maatskappye en Tweede Wysigingswetsontwerp op Maatskappye is daarop gemik om sakebedrywighede vaartbelyn te maak, deursigtigheid oor die vergoeding van uitvoerende amptenare te vergroot en verskille met verdienste aan te spreek. Woordvoerder Vincent Magwenya sê hierdie maatreëls sal onetiese sakepraktyke voorkom en billikheid in maatskappye bevorder:
# Eskom het aangekondig beurtkrag bly steeds opgehef, wat beteken vier maande se ononderbroke kragvoorsiening sedert 26 Maart, insluitend 87 dae van konstante kragverskaffing tydens die wintermaande. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die kragnutsmaatskappy het Dinsdag ‘n betekenisvolle mylpaal behaal met 35-duisend megawatt se beskikbare krag, terwyl die aand-spitstyd-aanvraag 30-duisend-740-megawatt was:
# Die MK-party neem kennis van die kwaadwillige inhoud wat deur ‘n kruberkraker op sy Facebookblad geplaas is. ‘n Woordvoerder, Nhlamulo Ndhela, sê die party is in kontak met die Meta-ondersteuningspan en werk hard om weer beheer oor die blad te kry. Ndhela sê kubersekuriteit bly ‘n ernstige bedreiging vir alle ondernemings, politeke partye en burgers wêreldwyd. Hy voeg by hulle sal aanhou veg vir die lot van die mense, ongeag die bedreigings wat na hulle kant toe kom.
# Olimpiese Spele: Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur het die deelname van, wat hy beskryf as die volksmoordstaat van Israel, in Parys veroordeel. Die adjunkminister, Peace Mabe, sê hulle beskou Israel se deelname as totaal onmenslik, en ‘n aanduiding van die geringskatting van die lewensverlies van duisende Palestyne weens Israel se oorlog, met verontagsaming van die regte van vroue, kinders, mans, bejaardes en sieklike mense:
En, die Boycott, Divestment and Sanctions Movement het na afloop van die openingseremonie ook vir die uitsluiting van Israel gevra. Die koalisie veroordeel Israel se voortgesette optrede teen Palestyne in Gaza, veral na die onlangse dood van die sokkerspeler, Hazem Al-Ghalban, en die vernietiging van sportgeriewe. Hulle kritiseer die Internasionale Olimpiese Komitee wat Israel se deelname toelaat en verwys na die destydse verbod op Apartheid Suid-Afrika. Hulle versoek Suid-Afrikaanse beamptes om internasionale sanksies teen Israel te eis.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….