Nuus 11:00
BULLETIN 17 Julie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party sê sy lede, Jacob Zuma ingesluit, is steeds lede van die ANC
# Cosatu wens die nuwe voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies Refiloe Mtsweni-Tsipane geluk
# En, Australië kry nuwe paar reusepanda’s
# Die lede van die MK-party, voormalige president Jacob Zuma ingesluit, is steeds lede van die ANC. Die woordvoerder van die MK-party Nhlamulo Ndhlela sê hulle sal aanhou om enige ruimte wat nog oorbly binne die ANC te gebruik om wat hulle noem die agente van wit monopolie-kapitaal wat die land wil terugneem na apartheid, te ontbloot. Ndhlela sê hulle sal verslaan word:
# Cosatu het Refiloe Mtsweni-Tsipane gelukgewens met haar verkiesing as die nuwe voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies. Die federasie salueer ook die nuwe hoofsweep, Kenny Mmoiemang. Matthew Parks van Cosatu sê hulle is bemoedig deur die ANC se vasberadenheid om vroue in sleutel leierskapposisies in die Parlement en in al die provinsiale wetgewers te bevestig:
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie sê jongmense word deur hoë vlakke van werkloosheid, armoede en geweld gekonfronteer. Die hoofsekretaris van Sadou, Mugwena Maluleke, sê hoewel sommige jeugdiges onderwysgeleenthede benut en by hoër onderwysinstellings studeer het, het hulle sertifikate nie deure vir werk vir hulle geopen nie. Maluleke sê jongmense het bitter min of geen bronne om werksgeleenthede vir hulleself te skep nie:
# Gholf: Bryson DeChambeau het sy tweede Amerikaanse Ope-titel ingepalm en Rory McIlroy met een hou geklop in ‘n dramatiese tweegeveg op Pinehurst. Die 30-jarige Amerikaner, wat ook in 2020 die toernooi gewen het, het een-oor-syfer 71 geslaan en klaargemaak op ses-onder-baansyfer 274, terwyl McIlroy 69 aangeteken het om na 72 putjies op 275 te staan. Dit is die vierde keer dat die Noord-Ierse speler tweede eindig by ‘n major. DeChambeau het gehuppel van vreugde toe sy oorwinning bevestig is.
# En ten slotte, die Adelaide-dieretuin in Australië is ‘n nuwe paar reusepanda’s aangebied in ruil vir die gewilde duo wat die afgelope 15 jaar al in die dieretuin is. Die Chinese premier Li Qiang het die aankondiging by die dieretuin gedoen en Suid-Australië bedank dat hulle so goed vir Wang Wang en Fu Ni gesorg het. Die enigste reusepanda’s in die suidelike halfrond is sedert 2009 in die dieretuin, maar die lenings-ooreenkoms eindig in November.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….