Nuus 11:00
BULLETIN 15 Junie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Malema sê die EFF wil die beste opposisie wees
# RISE Mzansi onderneem om die ANC-DA-koalisie in die Gauteng-wetgewer aanspreeklik te hou
# En, gholf: Aberg van Swede neem die voortou in die Amerikaanse Ope terwyl sy mededingers sukkel
# Die EFF-leier, Julius Malema, sê hulle lede in die Nasionale Vergadering sal verseker dat die instelling reg funksioneer. Hy voeg by hulle beplan nie om met die Parlement se sekerheidswagte te baklei nie en wil die beste opposisie wees. Malema is benoem as president, maar het slegs 44 stemme teenoor die 283 van president Cyril Ramaphosa gekry. Die EFF-leier het Ramaphosa gelukgewens:
RISE Mzansi in Gauteng het intussen onderneem om die provinsie se nuwe ANC-DA-koalisieregering, en die premier Panyaza Lesufi en sy koalisievennote, aanspreeklik te hou. Mabine Seabe van RISE Mzansi sê die party gaan toesien dat Gauteng ‘n grondwetlike, demokratiese regering het met maatskaplike stabiliteit. Hy voeg by Lesufi moet vinnig optree en sy uitvoerende raad aanstel sodat daar duidelike lyne vir politieke aanspreeklikheid is:
# Apple is gewikkel in ‘n groepsgeding wat twee vroulike werknemers ingedien het by die Hoërhof in San Francisco. Die regsgeding beweer die Amerikaanse tegnologie-maatskappy het meer as 12-duisend vroulike werknemers in Kalifornië onderbetaal, spesifiek in sy ingenieurs-, bemarkings- en AppleCare-afdelings. Eisers voer aan Apple se salarisbepalingsmetode, geskoei op vorige werkverdienste of ‘betalings-verwagtinge’, veroorsaak laer salarisse vir vroue. Die regsgeding beskuldig Apple ook dat hy ‘n Kaliforniese wet omseil het, wat navrae oor ‘n werker se vorige betaling verbied het, en beweer daar was vooroordele in die prestasie-evaluasiestelsel.
# Gholf: Ludwig Aberg van Swede het ‘n voorsprong van een hou na gister se tweede ronde van die Amerikaanse Ope. Scottie Scheffler, die wêreld nommer-een, en ander gunstelinge sukkel egter op die moeilike Pinehurst-baan. Aberg, wat sesde op die ranglys is, het een onder baansyfer 69 gespeel om die 36 putjies op vyf onder 135 te voltooi. Maar Scheffler, die gunsteling voor die Ope, loop die gevaar om nie die afsnypunt te haal nie na hy 74 aangeteken het en op vyf-onder 145 geëindig het.
# En om mee af te sluit: Eskom sê beurtkrag bly tot verdere kennisgewing opgeskort danksy voortgesette verbetering in die betroubaarheid en stabiliteit van sy vloot steenkoolkragstasies. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê beurtkrag is nou vir 80 dae ononderbroke opgehef. Eskom se opwekkingsprestasie se beter as wat vir die winter voorspel is en die huidige onbeplande onderbrekings is gemiddeld 12-duisend megawatt:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….