Nuus 11:00
BULLETIN 3 Junie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Parlement sê hy is gereed om ’n nuwe nuwe Nasionale Vergadering te vestig
# Defend Our Democracy beslis die verkiesing was grotendeels vry en regverdig
# En Chili steun Suid -Afrika se volksmoordsaak teen Israel
# Die Parlement sê hy is gereed en alle nodige maatreëls is getref om ‘n nuwe Nasionale Vergadering saam te stel. Dit volg nadat die Verkiesingskommissie gisteraand die uitslag van die algemene verkiesing verklaar het. Dit baan die weg vir Suid-Afrika se sewende administrasie, wat die land die volgende vyf jaar sal lei. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê volgens die Grondwet moet die Nasionale Vergadering se eerste sitting plaasvind nie later nie as 14 dae nadat die verkiesingsuitslag verklaar is:
Intussen sê Defend our Democracy, voorlopige verslae van sy Verkiesingswaarnemerveldtog toon die algemene verkiesing was oor die algemeen vry en regverdig. Die veldtog het uit verskeie burgerlike groepe bestaan wat saam meer as ʼn duisend waarnemers gehad het om die verkiesing in al nege provinsies dop te hou. Defend Our Democracy se voorsitter, Moss Ntlha, sê hulle is tevrede dat die integriteit van die verkiesing bo verdenking is:
# Die polisie in Limpopo ondersoek ‘n saak van poging tot moord nadat ‘n vyfjarige seuntjie in die Matswale-nedersetting by Musina deur ‘n dwaalkoeël getref is. Die koeël het Saterdag net ná middernag die seun se gesinshuis deur die dak binnegedring. Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê ‘n voorlopige ondersoek toon die koeël is vermoedelik van ‘n onbekende plek afgevuur:
# Chili het by die lande aangesluit wat Suid-Afrika steun in sy volksmoordsaak teen Israel in die Internasionale Geregshof. Die hof oorweeg tans Suid-Afrika se saak, maar het Israel intussen beveel om alles moontlik te doen om dade van volksmoord te vermy in sy oorlog teen Hamas. Die Chileense president, Gabriel Boric, sê sy land is steeds ontsteld oor wat hy beskryf as die Israelse Weermag se onoordeelkundige en buitensporige optrede teen onskuldige burgerlikes, veral Palestynse vroue en kinders, in Gaza.
# Sokker: Die Franse doelskieter Kylian Mbappé gaan hom by Real Madrid aansluit terwyl ‘n aankondiging afgewag word. Die 25-jarige het in Mei aangekondig dat hy Paris St-Germain aan die einde van die seisoen verlaat. Mbappé, wat 256 doele in 308 wedstryde vir PSG aangeteken het, sal ‘n kontrak van vyf jaar teken met Santiago Bernabeu, en sowat 305-miljoen-rand per seisoen verdien. Die La Liga-oordragvenster vir spelers open op een Julie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-82-sent teen die dollar, 20-rand-44-sent teen die euro en 23-rand-98-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-en-2-dollar-5-sent. Die prys van goud is twee-duisend-322-dollar-5-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-89-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….