Nuus 09:00
BULLETIN 17 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party besluit om hulle setels in die Nasionale Vergadering in te neem
# Jacob Zuma sê daar is geen regering van nasionale eenheid nie; net ‘n onheilige huwelik tussen die DA en die ANC
# En tennis, Andy Murray word gekies vir sy vyfde Olimpiese Spele
# Die MK-party sê hulle het na regsadvies besluit om hulle 58 setels in die Nasionale Vergadering van 400 setels in te neem, terwyl hulle in ander forums sal veg teen die kwessie van die beweerde knoeiery met die verkiesing. Dit is gister op ‘n mediakonferensie in Johannesburg aangekondig. Die woordvoerder van die MK-party, Nhlamulo Ndhlela, sê hulle sal aansluit by die alliansie wat bekendstaan as die Progressive Caucus:
Die leier van die MK-party en voormalige president Jacob Zuma sê intussen die party moet mense opvoed dat daar geen regering van nasionale eenheid is nie – net ‘n onheilige huwelik tussen die DA en die ANC. Zuma het tydens die mediakonferensie in Johannesburg verwys die huidige politieke toestand en voortgesette ontwikkelings in Suid-Afrika. Hy sê die regering van nasionale eenheid is malligheid:
# Die burgemeester van Ekurhuleni, Nkosindiphile Xhakaza, sê as deel van die stad se voortgesette pogings om sy finansiële posisie te verbeter, is ‘n inkomste-bevorderingsplan ingestel. Dit fokus op plekke waar inkomste-verliese voorkom, nuwe inkomste-geleenthede en die implementering van strategieë om invordering te optimaliseer. Xhakaza sê die suksesvolle uitvoering van die program sal die stad se kontantvloei-status ‘n aansienlike hupstoot gee en voortgesette gehalte-dienslewering aan die inwoners van Ekurhuleni verseker.
# ‘n Oekraïnse vredes-spitsberaad in Switserland is afgesluit met tientalle lande wat sy gebiedsintegriteit bevestig. ‘n Finale dokument gee Rusland ferm die skuld vir die oorlog se wydverspreide lyding en verwoesting. Dit vra die herstel van Oekraïnse beheer oor die Zaporizhzhia-kernkragaanleg en die land se hawens aan die Azov-see, wat tans deur Rusland beset word. Humanitêre kwessies, soos die vrylating van gevangenes en ontvoerde kinders, is ook bespreek. Meer as 90 lande en internasionale organisasies het die spitsberaad bygewoon, met die uitsluiting van Rusland en China.
# En tennis: Andy Murray is aangewys as een van die vier Britse enkelspel-spelers vir die Olimpiese Spele in Parys, wat sy vyfde Somerspele sal wees. Ondanks sy beskeie enkelspel-posisie van 97ste, het Murray ‘n ITF-plek gekry by die Franse Ope op Roland Garros, as ‘n voormalige Grand Slam-kampioen en Olimpiese goue medalje-wenner by Londen 2012 en Rio in 2016. Hy is een van vier gekose mans-enkelspel-spelers, saam met Jack Draper, Cameron Norrie en Dan Evans, met Katie Boulter die enigste vroue-deelnemer vir Brittanje.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….