Nuus 09:00
BULLETIN 15 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Steenhuisen sê die DA sien daarna uit om met Ramaphosa saam te werk
# Die MK-partyleier, Jacob Zuma, gaan die land se toekomstige trajek bespreek
# En, krieket: Nepal knikker so byna die Proteas by die T20-Wêreldbeker uit
# Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die party sien daarna uit om met president Cyril Ramaphosa en die res van die span saam te werk wat die regering van nasionale eenheid vorm. Steenhuisen doen ‘n beroep op politieke partye om die land eerste te stel en saam te werk in die beste belang van die mense wat hulle dien en die land wat hulle liefhet:
Nog ‘n leier, Gayton McKenzuie van die Patriotic Alliance, het Ramaphosa ook met sy herverkiesing as president van Suid-Afrika gelukgewens. McKenzie het bevestig die PA het ‘n ooreenkoms met die ANC, IVP en DA bereik om ‘n regering van nasionale eenheid te vorm. Hy sê kiesers het alle politieke partye ‘n tweede kans gegee om hulle te dien:
Intussen gaan die president van die MK-party, Jacob Zuma, môre die land gaan toespreek in ‘n belangrike nuuskonferensie in Johannesburg. Hy sal die huidige politieke landskap en die vorming van ‘n regering van nasionale eenheid bespreek en verskeie onderwerpe aanraak. Hy sal ook die land se toekomstige trajek uiteensit. Die party het die eerste sitting van die sewende Parlement misgeloop weens regskwessies met die Verkiesingskommissie.
# Numsa het ‘n dispuut by die Kommissie vir Versoening, Bemidddeling en Arbitrasie ingedien teen die Bombela-maatskappy, wat die Gautrein bedryf. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond het ‘n dooiepunt met die Gautrein se bestuur oor looneise bereik. Hulle wil ‘n verhoging van 13-persent hê, asook ‘n 60-persent bydra tot hulle mediese fonds:
# En, krieket: Suid-Afrika het Nepal met ‘n enkele lopie geklop nadat die Nepalese vanoggend in ‘n T20-Wêreldbeker-wedstryd in Kingstown, St Vincent, met die laaste bal uitgehardloop is. Die Nepalese het slegs agt lopies in die laaste boulbeurt nodig gehad en ‘n beskeie teiken van 116 gejaag, maar hulle het op ‘n pynlike 114 vir sewe geëindig toe Gulshan Jha met die laaste bal uitgehardloop is. Die Proteas se kaptein, Aiden Markram was baie verlig en sê hule sal uit die ondervinding leer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….