Nuus 09:00
BULLETIN 4 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Konstitusionele Hof stem in om die EFF se aansoek oor die artikel 89 Phala Phala-verslag aan te hoor
# #Africa4Palestine veroordeel ‘n beweerde Islamofobiese aanval op ‘n Durbanse familie
# En Tshwane se 2024/2025-begroting sal vandag ter tafel gelê word
# Die Konstitusionele Hof het ingestem om die EFF se aansoek aan te hoor vir die tersydestelling van die Parlement se besluit om president Cyril Ramaphosa nié na ‘n komitee te verwys vir vervolging oor die Phala Phala-skandaal nie. Die Nasionale Vergadering het in Desember 2022 ‘n mosie verwerp om die Artikel 89-verslag en sy aanbevelings na ‘n komitee te verwys. Die paneel het bevind Ramaphosa kon dalk ‘n ernstige oortreding van die Grondwet begaan het oor die diefstal van buitelandse valuta op sy plaas in Limpopo omdat hy vermoedelik die diefstal probeer verdoesel het.
# Die politieke organisasie Azapo sê die land bevind hom by ‘n kruispad waar ‘n koalisieregering gevorm moet word. Die ANC – wat sy meerderheid verloor het – begin volgens berigte nou ‘n sogenaamde ooreenkoms van vertroue-en-lewering oorweeg, moontlik met die DA en IVP as sy voorkeurvennote. Azapo se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê die land het ‘n gladde oorgang na sy sewende administrasie nodig:
# Die menseregte-organisasie #Africa4Palestine sê hy is hartseer oor die vermeende Islamofobiese aanval op ‘n Durbanse gesin. ʼn Vrou is doodgesteek en haar man en seun is ernstig beseer by hulle huis in Umbilo. Hulle tienjarige dogter, wat nie beseer is nie, het aan die polisie vertel die man het gesê hy val hulle aan omdat hulle Palestina ondersteun. ʼn Man is gearresteer en aangekla van moord en poging tot moord. #Africa4Palestine sê die aanval is deel van desperate pogings om pro-Palestynse stemme in die land met geweld stil te maak.
# Die Stad Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Jacqui Uys, lewer vandag die begrotingsrede vir die 2024/2025-boekjaar. Die metro staar talle probleme in die gesig, soos ernstige fiskale druk, toegang tot opgegaarde water, elektrisiteit, behuising en groot werkloosheid. Burgemeester Cilliers Brink sê die begroting is daarop gemik om finansiële stabiliteit te behou terwyl basiese dienslewering verbeter word:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-55-sent teen die dollar, 20-rand-25-sent teen die euro en 23-rand-78-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-244-dollar-65-sent. Die prys van goud is twee-duisend-344-dollar-94-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 77-dollar-71-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….