Nuus 09:00
BULLETIN 2 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA sê Suid-Afrika kan nou ontwikkel tot ‘n veelparty-demokrasie
# Panyaza Lesufi sê Gautengse kiesers het ‘n duidelike boodskap gestuur
# En sokker: Real Madrid wen die Kampioeneliga vir die 15de keer
# Die DA sê met die beëindiging van die ANC se meerderheid op nasionale vlak stuur kiesers ‘n duidelike boodskap dat politieke partye bestaan om te regeer, en goed te regeer, en hulle moet nie die samelewing oorheers nie. Die ANC het 40,2-pesent van die nasionale stemme gewen, ‘n katastrofale daling van die 57,5-persent wat hy in 2019 gewen het. Die DA sê die Grondwet definieer Suid-Afrika as ‘n veelpartydemokrasie en die land kan nou begin met die oorgang na die vervulling van die sending – weg van ‘n eenpartystaat.
Die DA in die Wes-Kaap sê intussen hy is tevrede dat hy sy meerderheid in die provinsie behou het ná ‘n verkiesing waarin sterk mededinging was. Die party het 55,29-persent van die stemme in die provinsie behaal, gevolg deur die ANC met 19,55-percent en die Patriotic Alliance met 7,08-persent. Die DA se provinsiale leier, Tertuis Simmers, sê hulle bly daartoe verbind om elke inwoner te dien:
En in Gauteng sê die premier Panyaza Lesufi die kiesers het tydens hierdie verkiesing ʼn duidelike boodskap aan die ANC gestuur. In dié provinsie het die party 34,79-persent van die stemme gekry, gevolg deur die DA met 27,40-persent en die EFF met 12,95-persent. Dis nie genoeg om op sy eie ʼn regering te vorm nie. Die ANC het ook die eerste keer sedert 1994 sy nasionale meerderheid verloor. Lesufi sê hulle sal nou koalisiegesprekke met partye voer:
# Indië se eerste minister, Narendra Modi, sê burgers het in rekordgetalle gestem om die Nasionale Demokratiese Alliansie-regering te herkies. Hy het ‘n oorwinning verklaar ondanks die feit dat die finale uitslae nog nie verklaar is nie. Maar die meeste peilings van kiesers wat klaar gestem het beraam die regerende NDA kan tussen 355 en 380 setels in die 543-setels van die laerhuis in die Parlement wen, waar 272 nodig is vir ‘n meerderheid. Ontleders waarsku na-verkiesingspeilings was in die verlede verkeerd en is nie onpartydig nie.
# En, Sokker: Real Madrid het Borussia Dortmund met twee-nul afgeransel om hul 15de Kampioeneliga-titel by Wembley in Londen te wen. Toni Kroos, wat sy laaste wedstryd vir klub gespeel het, het die eerste doel vir Dani Carvajal moontlik gemaak. Ná 16 minute se spel het Jude Bellingham van Engeland Vinicius Junior in staat gestel het om die span van Dortmund te straf. Carlo Ancelotti, wat die eerste bestuurder is wat die Kampioeneliga vyf keer kon wen, sê dis baie spesiaal:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….