Nuus 08:00
BULLETIN 8 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Cosatu gaan sy planne vir ‘n regering van nasionale eenheid met die ANC en SAKP bespreek
# Die Buffalo City Metro reik vloedwaarskuwings uit te midde van ontwrigtende weer
# En, krieket: Die Proteas is vasbeslote om nie weer teen Nederland vas te val nie
# Cosatu sê hy sal met die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party praat oor die voorgestelde regering van nasionale eenheid. Die federasie, wat tans raadpleeg op ‘n interne vlak, beoog om te verseker progressiewe beginsels word voorop gestel, wat die werkersklas ophef en hou by die Grondwet. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê bestendigheid en ooreenstemming is van kardinale belang om koalisie-slaggate te vermy wat dienslewering belemmer:
# Die Buffalo City Metro raai inwoners aan om nie tydelike blyplek op rivieroewers en laagliggende gebiede te bou nie, na weerwaarskuwings oor nog reën en sterk wind. Meer as vier-duisend mense is deur vloede geraak en een-duisend-500 is ontwortel. Die Metro sê hy koördineer met staatsdepartemente vir tydelike hervestigingstrukture. Intussen word aandag geskenk aan elektriese foute in Oos-Londen, Mdantsane en eQonce, terwyl strande gesluit bly weens gevaarlike seetoestande.
# Die president van Rwanda, Paul Kagame, kom in volgende maand se verkiesing teen twee uitdagers te staan. Die hoof van die Nasionale Verkiesingskommissie, Oda Gasinzigwa, het Kagame, Frank Habineza van die Demokratiese Groenparty, en die onafhanklike kandidaat, Philippe Mpayimana, as kandidate vir die verkiesing op 15 Julie aangekondig. Gasinzigwa sê die leier van die People Salvation Movement, Diana Rwigara, mag nie aan die verkiesing deelneem nie omdat sy nie die nodige dokumente kon voorlê nie, insluitende ‘n misdaadrekord en bewys dat sy Rwandees is. ‘n Finale lys kandidate word Vrydag aangekondig.
# Krieket: Suid-Afrika kom vandag teen Nederland te staan in hulle tweede wedstryd by die T20 Wêreldbeker. Die Nederlanders het die Proteas twee keer die afgelope twee jaar in Wêreldbeker-ontmoetings die loef afgesteek. Dis die tweede agtereenvolgende wedstryd in New York vir die Suid-Afrikaners, wat Sri Lanka in ‘n wedstryd met lae tellings geklop het. Paaltjiewagter en kolwer Heinrich Klaasen hoop dis ‘n beter kolfoppervlak:
# Om die bulletin mee af te sluit: AgriSA het vanjaar se groen horisonne-landboukongres aangekondig. Dit sal op 9 en 10 Oktober in Kaapstad gehou word. Die kongres, met die tema ‘groen horisonne’, sal fokus op volhoubare landbou, innoverende strategieë en bedryfsamewerking. Die geleentheid het ‘n nuwe formaat, en sal besprekingsessies oor verskeie onderwerpe in verskeie plekke by die V&A Waterkant aanbied. Die uitvoerende hoof van AgriSA, Johann Kotzé, sê deelnemers kan in-diepte besprekings, netwerkgeleenthede en ‘n gala-dinee verwag ter viering van die organisasie se 120ste bestaansjaar.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….