Nuus 07:00
BULLETIN 8 Junie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party herbevestig sy boikot van die Parlement oor beweerde verkiesingsbedrog
# BOSA vra vir duidelikheid oor die regering van nasionale eenheid-agenda
# En, tennis: Carlos Alcaraz troef Jannik Sinner
# Die MK-party boikot die Parlement weens beweerde bedrog deur die Verkiesingskommissie. Die party wil bewys stemme is gesteel en weier om aan die Parlement deel te neem totdat hulle regsuitdagings opgelos is. Hulle hou vol die OVK het uitslae manipuleer. Hoewel hulle die wil van die kiesers respekteer glo die party al sy stemme is nie getel nie, wat sy verteenwoordiging raak. Die woordvoerder van MK, Nhlamulo Ndhlela, onderneem om te veg vir die integriteit van die verkiesing asook ware verteenwoordiging van die kiesers.
Intussen vra Build One South Africa deursigtigheid met koalisiesamesprekings en versoek hoofregter Raymond Zondo met die leiers van al 18 parlementêre partye te vergader. Opposisiepartye het byeen gekom om ‘n duidelike agenda vir enige regering van nasionale eenheid aan te vra. Die woordvoerder van BOSA, Roger Solomons, hou vol die fokus moet wees op grondwetlikheid, die oppergesag van die gereg, werkskepping, anti-korrupsiemaatreëls, onderwyshervorming en die uitwissing van misdaad:
In nog ‘n verwikkeling skryf die minister van Polisie, Bheki Cele, sy opgang van nasionale kommissaris tot minister toe aan harde werk en toewyding om Suid-Afrikaners te dien. Hy het tydens die oorhandiging van 130 voertuie aan die Misdaadrekordsentrum by die Tshwane-polisie-akademie gepraat. Cele het sy termyn in oënskou geneem nadat hy nie die valbyl vrygespring het vir die Nasionale Vergadering nie. Hy sê hy is gereed vir tyd saam met sy gesin:
# Tennis: Carlos Alcaraz het na ‘n wisselvallige begin Jannik Sinner met 2-6, 6-3, 3-6, 6-4, 6-3 getroef en gekwalifiseer vir sy eerste Franse Ope-eindstryd. Die derde gekeurde Spanjaard kon ook daaruit munt slaan toe sy Italiaanse teenstander krampe begin kry het. Sinner, wat aanstaande week die wêreld nommer een word, het die derde wedstrydpunt teen Alcaraz afgestaan. Alcaraz wil graag hierdie titel inpalm na sy oorwinnings by Wimbledon en die Amerikaanse Ope. Hy kom môre te staan teen Alexander Zverev van Duitsland of Casper Ruud van Noorweë.
# Ten slotte: Minder as 50 dae bly oor voor die Olimpiese Spele in Parys en die ringe is op die Eiffeltoring aangebring. Werkers het die voorafvervaardigde staalringe aanmekaar gesit en Donderdag na donker die logo van 30-ton en 29-meter lank geïnstalleer. Pierre Engel, ‘n ingenieur by ArcelorMittal, die staalmaatskappy wat die ringe uit herwinbare materiaal vervaardig het, sê toetse en studies is maande lank gedoen om die sukses van die operasie te verseker. Die ringe is elk nege-meter in deursnee en sal saans verlig word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….