Nuus 07:00
NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 11 November 7 vm
Goeiemore. Ek is……..
In die bulletin:
# Skraal kans op rentekoersverlaging in November
# Binnelandse Sake vra Suid-Afrikaners om hul ID’s af te haal voor spesiale kiesersregistrasienaweek
# En, krieket : Proteas se oorwinning vertroebel deur Bavuma se besering –
# Ekonome meen daar is ‘n skraal kans op ‘n rentekoersverlaging wanneer die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee vergader. BusinessTech berig die komitee is bekommerd oor inflasie, veral die verankering van inflasie-verwagtinge. Die ekonoom Annabel Bishop verwag rentekoerse sal onveranderd bly. Sy wys op die uitwerking van strenger krediettoestande in Amerika wat verbruikersvraag onderdruk en daarom ook inflasie. Die Amerikaanse Federale Reserwe se onlangse besluit om koerse onveranderd te laat versag mark-spanning. Geopolitieke spanning en plaaslike brandstofprysverhogings kan inflasie beïnvloed.
# Meer as 130-duisend Suid-Afrikaanse wat vir die eerste keer vir identiteitsdokumente aansoek gedoen het, moet nog hul dokumente by Binnelandse Sake afhaal. Adjunkminister, Njabulo Nzuza, bevestig baie kantore het hul werksure verleng sodat dit makliker is om identifikasiekaarte te kry, veral in die lig van die komende spesiale registrasienaweek. Nzuza benadruk die departement se verbintenis om te verseker alle stemgeregtigde kiesers is in besit van hulle identifikasiekaarte voor volgende jaar se algemene verkiesing:
Speel klankgreep:
# Die onlangse Webfleet-padveiligheidsverslag beklemtoon die infrastruktuur-agteruitgang in Suid-Afrika met kommersiële vervoermaatskappye wat aantoon verslegtende paaie is ‘n hooffaktor by ongelukke. Van die ander redes wat uitgelig word is bestuurdermoegheid en voertuigonderhoud. Justin Manson van Webfleet het aan eNCA gesê vloot-eienaars kla oor onderhoudskwessies:
Speel klankgreep:
# Solidariteit waarsku die regering se optrede bring die stand van Suid-Afrika in die gedrang met die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, ‘n sleutelkomponent van Amerikaanse handelswetgewing. Ondanks positiewe opmerkings op die onlangse AGOA-forum, dui berigte aan die Amerikaanse senator, Chris Coons, doen weer ‘n beroep vir die heroorweging van Suid-Afrika se voordele. Die vakbond voer aan die Amerikaanse Senaat is toenemend krities oor Suid-Afrika se buitelandse beleid, wat moontlik sy AGOA-deelname in gevaar stel. Jaco Kleynhans van Solidariteit sê Suid-Afrika se belangrike belastingvrye uitvoer na die Amerikaanse mark, ter waarde van 178-miljard-rand, is op die spel.
# En, krieket: Suid-Afrika het Afghanistan met vyf paaltjies in hulle laaste groepwedstryd by die Wêreldbeker in Indië geklop. Maar die oorwinning is vertroebel weens kommer oor die fiksheid van Temba Bavuma. Die kaptein se stryd met ‘n dyspierbesering het duidelik geblyk en hy kon slegs 23 lopies tot Suid-Afrika se totaal van 247 vir vyf bydra. Rassie van der Dussen het die beste met die kolf gevaar en het ‘n onoorwonne 76 aangeteken met Gerald Coetzee wat vier paaltjies vir 44 laat kantel het. Die Proteas kom Donderdag in die halfeindstryd teen Australië te staan.