Nuus 08:00
BULLETIN 11 November 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Skraal kans op rentekoersverlaging in November
# Vlooteienaars bekommerd oor verslegtende padnetwerk
# En, Rugby: Sege vir die Bulle, maar Haaie byt in die stof –
# Ekonome meen daar is ‘n skraal kans op ‘n rentekoersverlaging wanneer die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee vergader. BusinessTech berig die komitee is bekommerd oor inflasie, veral die verankering van inflasie-verwagtinge. Die ekonoom Annabel Bishop verwag rentekoerse sal onveranderd bly. Sy wys op die uitwerking van strenger krediettoestande in Amerika wat verbruikersvraag onderdruk en daarom ook inflasie. Die Amerikaanse Federale Reserwe se onlangse besluit om koerse onveranderd te laat versag mark-spanning. Geopolitieke spanning en plaaslike brandstofprysverhogings kan inflasie beïnvloed.
# Die onlangse Webfleet-padveiligheidsverslag beklemtoon die infrastruktuur-agteruitgang in Suid-Afrika met kommersiële vervoermaatskappye wat aantoon verslegtende paaie is ‘n hooffaktor by ongelukke. Van die ander redes wat uitgelig word is bestuurdermoegheid en voertuigonderhoud. Justin Manson van Webfleet het aan eNCA gesê vloot-eienaars kla oor onderhoudskwessies:
Speel klankgreep: ENG-MansonOnRoads
Die DA in KwaZulu-Natal doen ‘n beroep op die LUR vir Gesondheid, Nomagugu Simelane, om dringend ‘n toesighoudende inspeksie uit te voer oor die gereedheid van staatsbeheerde Mediese Nooddienste, insluitend voertuie, toerusting, voorraad en personeelvermoë, voor die feestyd. Die DA-lid, Edwin Baptie, sê die versoek volg namate ongelukke voortgaan om verwoesting te saai en ‘n bloedbad op die paaie te veroorsaak aangesien die provinsie vanaf die begin van Desember buitengewone hoë verkeersvolumes ervaar:
Meer as 130-duisend Suid-Afrikaanse wat vir die eerste keer vir identiteitsdokumente aansoek gedoen het, moet nog hul dokumente by Binnelandse Sake afhaal. Adjunkminister, Njabulo Nzuza, bevestig baie kantore het hul werksure verleng sodat dit makliker is om identifikasiekaarte te kry, veral in die lig van die komende spesiale registrasienaweek. Nzuza benadruk die departement se verbintenis om te verseker alle stemgeregtigde kiesers is in besit van hulle identifikasiekaarte voor volgende jaar se algemene verkiesing:
Speel klankgreep: ENG-NzuzaOnIdentityDocs
# En laastens, Rugby: Die Bulle is nou bo aan die punteleer van die Verenigde Rugby-kampioenskap na hulle Cardiff met 18-12 in Wallis geklop het. Die span van Pretoria het in die eerste helfte twee drieë kort na mekaar gedruk. In Italië het Zebre sy eerste sege sedert April 2022 gevier met ‘n naelbyt 12-10 oorwinning oor die Haaie. Die Suid-Afrikaners se enigste drie is deur Cameron Wright aangeteken. Vanmiddag pak die Stormers vir Benetton in Italië, terwyl die Leeus die Scarlets vanaand in Wallis takel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….