Nuus 07:00
BULLETIN 15 Junie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Cyril Ramaphosa is as die president van Suid-Afrika herverkies
# Die IVP se provinsiale voorsitter, Thami Ntuli, is die nuwe premier in KwaZulu-Natal
# En, rugby: Die Bok-flank Marco van Staden keer terug vir Bulle vir die VRK-halfeindstryd teen Leinster
# Die ANC president Cyril Ramaphosa is vir ‘n tweede termyn as die president van Suid-Afrika verkies. Die Nasionale Vergadering het Ramaphosa met ‘n oorweldigende meerderheid van 283 stemme verkies. Die president van die EFF, Julius Malema het 44 stemme gekry. Ramaphosa sê politieke partye moet beloof om op twee maniere hulle samewerking te gee: as ‘n vrywillige Parlement van nasionale eenheid en as ‘n vrywilige regering van nasionale eenheid:
By dieselfde sitting is Annelie Lotriet van die DA as die adjunk-speaker van die Nasionale Vergadering verkies. Lotriet het 273 stemme gekry en die ATM-leier, Vuyo Zungula, 54. ‘n DA-parlementslid, Siviwe Gwarube het Lotriet benoem en die EFF se adjunk-president Floyd Shivambu het Zungula voorgestel. Lotriet het in 2009 by die Nasonale Vergadering aangesluit. Sy het beloof om met die nuutverkose speaker Thoko Didiza saam te werk:
En, die regering van provinsiale eenheid in KwaZulu-Natal, bestaande uit die IVP, die ANC, die DA en die NFP, het die IVP se provinsiale voorsitter, Thami Ntuli, as premier verkies. Ntuli het Phathisizwe Chiliza van die MK-party met 41 stemme teen 39 verslaan. Nontembeko Boyce van die ANC is as speaker herkies en Mmabatho Tembe van die DA is die nuwe adjunk-speaker. Ntuli het sedertdien as burgemeester van die King Cetshwayo-distriksmunisipaliteit en as raadslid in Nkandla bedank:
# Rugby: Springbok-flank Marco van Staden is terug vir die Bulle in vanmiddag se Verenigde Rugbykampioenskap-halfeindstryd teen Leinster in Pretoria. Die Wêreldbekerwenner is weer fiks na ‘n besering. Dit is een van drie veranderings wat die direkteur van rugby Jake White gemaak het in sy opdraf-15-tal, met Sergeal Petersen wat bevorder is tot nommer 14, met Devon Williams op linkervleuel. Die ander halfeindstryd is vanaand in Ierland waar Munster Skotland se Glasgow Warriors verwelkom.
# En ten slotte: ‘n Asiese olifant in Thailand het geboorte geskenk aan ‘n seldsame tweeling, in wat opsigters beskyf as ‘n wonderwerk. Die ma, die 36-jarige Chamchuri, het ‘n bulletjie in die lewe gebring, maar terwyl die opsigter die kalfie skoongemaak het, besef daar was nog ‘n kalf – die keer ‘n koeitjie. Die tweede geboorte het die ma paniekerig gemaak en opsigters moes keer dat sy nie op die kalfie trap nie. Navorsers sê tweelinge kom net in een-persent van olifantgeboortes voor. Die diere word in Thailand as heilig beskou.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….