Nuus 07:00
BULLETIN 2 Junie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Jacob Zuma waarsku die Verkiesingskommissie om nie vandag die verkiesingsuitslae bekend te maak nie
# Suid-Afrika se kredietgradering het aansienlik verswak
# En sokker: Orlando Pirates behou die Nedbankbeker
# Die MK-party van oudpresident Jacob Zuma dreig die Verkiesingskommissie om nie vandag die verkiesingsuitslag aan te kondig nie en sê dit sal sy party uitlok. MK beweer hulle het bewyse van inmenging in die verkiesing en sê die stemme moet oorgetel word. Die OVK het 579 besware ontvang. Zuma sê hy is bekommerd dat verkeerde dinge by die OVK se telproses gebeur het, terwyl dié instelling deur beginsels en wette gelei moet word:
Zuma sê ook die vermeende onreëlmatighede by die Verkiesingskommissie is ernstig. Die party beskuldig die OVK dat hy met stemme kul en beweer die ANC misbruik staatsbronne tot sy eie voordeel en teen die wil van die mense. MK het 14,58-persent van die nasionale stemme gekry. Zuma sê die OVK moet partye geleentheid gee om hul saak te stel en voeg by al wat hulle vra is deursigtigheid:
# Suid-Afrika se kredietgraderingsgeskiedenis toon ‘n aansienlike verswakking. Na 30 jaar se demokrasie het die gradering teruggesak van sub-belegging na rommelstatus. Die land se status was eens beleggingsgraad, wat beduidende beleggings van oorsee en plaaslik getrek het. Volgens die ontleder van ABSA, Simphiwe Letlojane, moet Suid-Afrika sterk ekonomiese hervormings implementeer en maatreëls instel om beleggersvertroue te herstel om weer as beleggingsgraad geklassifiseer te word:
# Die weermagvakbond Sandu eis meer inligting van die Nasionale Weermag nadat ‘n soldaat gesterf het en nog 13 gewond is in gevegte in die Demokratiese Republiek die Kongo. Die soldate was betrokke in ‘n geveg met M23-rebelle. Die vakbond wil ook besonderhede hê oor toerustingverliese wat aangemeld is. Die vakbond se sekretaris, Pikkie Greeff, het meegevoel betuig met die gesin van die gevalle soldaat, en het die gewondes ‘n spoedige herstel toegewens.
# En laastens sokker: Orlando Pirates het hul Nedbankbeker-titel suksesvol verdedig toe hulle Mamelodi Sundowns op die Mbombela-stadion in Mpumalanga met twee-een verslaan het. Die 19-jarige Relebohile Mofokeng het van die bank af gekom en die wendoel in die 90ste minuut aangeteken nadat Patrick Maswanganyi vroeër die telling vir die Buccaneers met ‘n strafdoel gelykop gemaak het. Dis gevolg deur Themba Zwane se aanvangsdoel vir Sundowns. Pirates se afrigter, Jose Riveiro, het vier uit vyf plaaslike beker-kompetisies gewen sedert hy aan die begin van verlede seisoen by die klub aangesluit het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….