Goeie Nuus
BULLETIN 6 Junie
Goeiemiddag, hier is jou Goeie Nuus:
# ‘n Tweedejaarstudent aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie, Zeney Geldenhuys, het vir die Olimpiese Spele in Parys gekwalifiseer. Haar rekordtyd van 54.72 sekondes in die 400-meter hekkies op die Suid-Afrikaanse senior baan- en veldkampioenskap het haar plek in die span verseker. Die student in Sportbestuur het onlangs silwer verower op die Diamantliga-byeenkoms in Stockholm, Swede. TUT se visekanselier, Tinyiko Maluleke, sê Geldenhuys se prestasie om vir die Spele te kwalifiseer is merkwaardig.
# Die 21ste uitgawe van die QS Wêreld-universiteitsranglys het Unisa as een van die voorste universiteite in Suid-Afrika benoem. Die uitgawe het een-duisend-503 instellings van 104 plekke op sy lys en dit is die enigste een wat geskiktheid vir indiensneming en volhoubaarheid beklemtoon. Unisa is agtste op die lys, voor die Rhodes-universiteit, die Universiteit van die Wes-Kaap en die Universiteit van die Vrystaat. Unisa sê die plasing bevestig die instelling as ‘n wêreldwye volhoubare en mededingende universiteit.
# Die Universiteit van die Vrystaat se Voedselinnoverings-laboratorium het ‘n nuwe reeks bekostigbare, proteïenryke soja-gebaseerde suiwel-alternatiewe bekendgestel. Dit is ‘n belangrike stap om voedselonsekerheid in Suid-Afrika te beveg. Dit is deel van ‘n gemeenskapsprojek onder leiding van professor Wilna Oldewage-Theron van die Texas Tech University. Die projek, wat befonds word deur die Universiteit van die Vrystaat en die Olie- en Proteïensade-ontwikkelingstrust, werk ook om klein, medium en mikro-grootte ondernemings in lae-inkomste gemeenskappe te bevorder.
# Die Ekurhuleni-metropolisie loof hoofsuperintendent Quinton Pretorius, op wie ‘n nuwe avontuur as ‘n distriksbeampte in Australië wag. Hy is in 2009 by die EMPD-opleidings-akademie opgelei en sy werk het hom deur die range laat vorder. Die EMPD-woordvoerder, Igneous Mapshike, sê Pretorius het in gespesialiseerde eenhede gedien, en is bevorder tot inspekteur met die taak om die burgemeester te beskerm:
# En, Re.Bag.Re.Use vier hierdie maand drie jaar van die herwinning van plastiekafval na nuttige items. Die veldtog waarmee Regine le Roux tydens die Covid-19-inperking begin het, het momentum opgebou en is suksesvol in Houtbaai, Kaapstad, en brei nou ook sy voetspoor uit na Koedoespoort in Pretoria. Die projek fokus op die verwerking van skoon, sagte plastiek na mooi sakke. Dit help keer dat plastieksakke op stortingsterreine of in die see beland. Re.Bag.Re.Use het tot dusver meer as 92-duisend sakke herwin.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….