Eko-minuut 13:30
BULLETIN 6 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Platinum Group Metals se gekataliseerde waterstofperoksied bied aan die wêreld ‘n kans om waterchemikalieë te behandel wat andersins moeilk is om af te breek. Die grootse voordeel van HPGen is dat dit groen en skoon is om die omgewing beskerm. MatiTech van Johannesburg het die groep se HPGen bekendgestel wat ondernemings in staat stel om waterstofperoksied by hulle persele te vervaardig en vir die behandeling van water te gebruik. Mike Bowley van MatiTech sê dit is die toekoms van waterbehandeling, nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd.
# Die Universiteit van die Witwatersrand sê sedert die instelling van die Sappi-leerstoel vir Klimaatsverandering en Plantasie-volhoubaarheid het die span ‘n aansienlike verskil in die stryd teen klimaatsverandering gemaak. Die span het navorsingsveldtogte en die bou van vermoë begin wat die bosboubedryf toerus om die uitdagings van klimaatsverandering aan te pak. Die suidelike halfrond gaan volgens voorspellings dié winter min reën kry. Wits sê die span verskaf ook kundige raad aan die bosboubedryf oor die uitwerking van El Niño en die gevaar van veldbrande.
# En, die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, sê lande moet nie net die fossielbrandstofbedryf aanvat nie, maar ook maatskappye wat hulle pogings steun om optrede oor die klimaatverandering te verhoed. Hy doen ‘n beroep dat die wêreld se fossielbrandstofbedryf verbied word om te adverteer, om die wêreld teen klimaatsverandering te red. Guterres sê die wêreld moet diegene in die fossielbrandstofbedryf konfronteer wat meedoënloos aanhou om vooruitgang te verhoed:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….