# Die ANC sê die regstelling van plaaslike regering sal sy hooffokus wees voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Die party se nasionale uitvoerende komitee het agt onderpresterende munisipaliteite geïdentifiseer vir dringende omkeerplanne, terwyl hy politici opdrag gegee het om die lewering van paaie, water en elektrisiteit te prioritiseer. Die ANC-sekretaris-generaal, Fikile Mbalula het […]
# Noord-Korea het Dinsdag verskeie projektiele, waaronder minstens een kortafstand ballistiese missiel, langs die land se weskus afgevuur. Dit is Noord-Korea se eerste missiellansering sedert 19 April, toe die land verskeie kortafstand ballistiese missiele getoets het. Suid-Korea se ministerie van Buitelandse Sake het Noord-Korea versoek om te reageer op Seoel se vredesvoorstelle en pogings om […]
# Britse dokters beskou sosiale media as net so gevaarlik as rook vir kinders. Hulle het wetgewers aangespoor aan die skade aan te pak wat oormatige skermtyd aan jongmense veroorsaak. Die Academy of Medical Royal Colleges sê rook, net soos die dra van veiligheidsgordels in motors, kan as ‘n verenigende mag vir die mediese beroep […]
# Statistieke Suid-Afrika se jongste algemene huishoudelike opname toon bestendige verbeterings in toegang tot basiese dienste oor die afgelope twee dekades. Verbeterde sanitasie het gestyg van 62-persent in 2002 tot 84-persent in 2025, terwyl toegang tot elektrisiteit tot net meer as 90-persent toegeneem het. Internettoegang het uitgebrei na ongeveer 85-persent van huishoudings, maar posdienste bly […]
# Die GOOD-party sê immigrante en vlugtelinge is nie verantwoordelik nie vir Suid-Afrika se sosiale en ekonomiese probleme wat armoede en werkloosheid insluit. Die party waarsku dit is gevaarlik om buitelandse burgers te blameer en kan xenofobiese geweld aanwakker, soortgelyk aan vorige aanvalle in 2008. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron sê die werklike oorsake […]
# Rugby: Die Stormers se Projek 2029 het stukrag gekry met die terugkeer van die Springbok-puntemasjien Cheslin Kolbe. Die projek mik daarna om die span te posisioneer om die Kampioenebeker die eerste keer te wen. Die direkteur van rugby, John Dobson, sê hulle waardeer Kolbe se finansiële opoffering om na Kaapstad terug te keer, want […]
# Sokker: Skotland is vasbeslote sy eerste Wêreldbeker-toernooi in 28 jaar sal nie net oor deelname gaan nie, maar om ten minste die uitklopfases te haal. Die land is in die moeilike Groep C, waar hulle teen die vyfmalige kampioen Brasilië, die Afrika-kampioen Marokko en die Karibiese span uit Haïti te staan kom. Skotland begin […]
# AfriForum sê owerhede moet dringend ‘n duidelike veiligheidsplan vir die Krugerwildtuin instel na die moord op ‘n egpaar van Mosselbaai. Die organisasie vra sterker patrollies, vinniger noodreaksiestelsels en verbeterde kommunikasiekanale vir besoekers. Hy het ook aangebied om te help met hommeltuigmonitering om sekerheids-maatreëls te verbeter. Woordvoerder Lambert de Klerk sê dringende optrede is nodig […]
# Sokker: Die voorsitter van Mamelodi Sundowns, Thlopie Motsepe, het die spelers, afrigtingspersoneel en ondersteuners geprys na die klub se tweede titel in die CAF Kampioeneliga. Motsepe sê die span het dwarsdeur ‘n moeilike seisoen, veerkragtigheid en eenheid getoon, veral na die teleurstelling in Kaïro, Egipte, vroeër in die veldtog. Motsepe het afrigter Miguel Cardoso […]