# Rusland se minister van Ekonomie, Maxim Reshetnikov, sê volgens huidige sakesentimente is die land se ekonomie op die rand van ʼn resessie. Moskou het vandeesmaand rentekoerse die eerste keer sedert 2022 verlaag wat die uitleenkoers op 20-persent te staan bring. Die land se ekonomiese groei het in die eerste kwartaal van 2025 op ʼn […]
# Gholf: Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler het ‘n openingsronde van 62 aangeteken en is saam voor met sy Amerikaanse landgenoot Austin Eckroat by die Travelers-kampioenskap in Connecticut. Rory McIlroy van Noord-Ierland het ook goed begin en is twee houe agter, met ses onder, saam met die Amerikaners Keegan Bradley en Wyndham Clark. Tommy Fleetwood van […]
# Die Vryheidsfront Plus verwelkom die sluiting van ses spazawinkels deur die metropolisie in Ekurhuleni omdat hulle onder meer nie aan gesondheidsregulasies voldoen het nie. Die spazawinkels is in Alberton, Edenvale en Katlehong. Jennifer Glover van die VF Plus sê daar is nog baie meer spazawinkels in die metro wat nie aan die basiese gesondheids- […]
# Ten critically endangered black rhinos have been successfully translocated from South Africa to Mozambique’s Zinave National Park this week. The five bulls and five cows were donated by Ezemvelo KZN Wildlife in collaboration with Mozambique’s National Administration for Conservation Areas and the Peace Parks Foundation. The foundation’s Antony Alexander says the idea of the translocation […]
# Basketball: The City of Cape Town is partnering with African Grassroot Hoops for the Youth Day Classic Basketball Tournament to commemorate Youth Month. The fifth edition of the tournament looks to be a slam dunk, with 18 Under-19 teams showcasing more than 800 young players at the German International School this weekend. Mayoral committee […]
# Polisie in die Oos-Kaap ondersoek moordsake nadat vyf liggame op die R-345 naby Crossroads buite Peddie gevind is. Die verkoolde lyke is in ʼn beskadigde voertuig opgespoor. ʼn Polisiewoordvoerder, Nobuntu Gantana, sê die slagoffers is onherkenbaar verbrand en die voertuig erg beskadig, daarom kan dit nie op hierdie stadium geïdentifiseer word nie:
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê Suid-Afrika het ʼn belangrike rol gespeel in die onderhandeling van die Verdrag oor Biodiversiteit Buite Nasionale Jurisdiksie, of die Oopsee-verdrag. Dis die eerste wetlik bindende instrument om biodiversiteit in gebiede buite nasionale grense te beskerm. George sê die land het ʼn trotse tradisie […]
# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê dit was ʼn goeie uitdaging vir die regering nadat die Finansiële Aksietaakspan Suid-Afrika op die gryslys geplaas het. Die land is sedert Februarie 2023 op die lys omdat dit nie internasionale standaarde nakom wat met geldwassery en onwettige finansiële vloei verband hou nie. Suid-Afrika het intussen aan […]
# Die Withuis sê president Donald Trump sal binne die volgende twee weke besluit of Amerika regstreeks betrokke gaan raak by die Iran-Israel-konflik. Dit is om tyd te gee vir onderhandelings in die hoop dat Iran sal afsien van sy onbuigsaamheid en instem tot voorwaardes wat hy voorheen verwerp het. Dit sluit in dat hy […]