# AfriForum het ernstige kommer uitgespreek oor die regering se voorneme om die Suid-Afrikaanse Vereniging van Omgewingsbeoordelingspraktisyns se mandaat tot na 2026 te verleng. Lambert de Klerk van AfriForum voer aan dat die vereniging sedert 2018 versuim het om nakoming af te dwing. Hy waarsku dat die verlenging die risiko van korrupsie vergroot en onderneem […]
# President Cyril Ramaphosa sê die bevordering van finansiële insluiting bly ‘n voorkeur nasionale prioriteit om ongelykheid te verminder en huishoudings en ondernemings te ondersteun. Ramaphosa sê hoewel Suid-Afrika ‘n wêreldklas finansiële sektor het, moet toegang tot befondsing verder uitgebrei word. Hy het bevestig alhoewel die Posbank nog nie aan die voorwaardes vir ‘n volle […]
# President Cyril Ramaphosa het die rol van adjunkministers verdedig, ten spyte van kritiek oor die hoë koste vir belastingbetalers. Ramaphosa het in die parlement gesê adjunkministers voeg steeds waarde by die regering se bedrywighede. Athol Trollip van ActionSA voer aan dat 42 adjunkministers verkwistende uitgawes is en op begunstiging neerkom. Ramaphosa het erken dat […]
# Die Gautengse Provinsiale Regering sal vandag in Sandton ‘n seminaar aanbied wat fokus op die rol van subnasionale en streeksvlakke van regering binne globale regerings. Die geleentheid sal stedelike uitdagings ondersoek, asook verkeersopeenhopings, behuising en oorstromings, terwyl klimaataksie, befondsingsmodelle en digitale transformasie ook bespreek sal word. Paneellede van die regering en Afrikalande, insluitend Namibië […]
# Rugby: Die voormalige kaptein, Richie MacCaw, het die All Blacks gemotiveer voor Saterdag se Rugbykampioenskaps-herontmoeting met die Springbokke in Wellington. Die gasheer sê hy wil sy spelpeil verhoog na verlede naweek se oorwinning. Nieu-Seeland is steeds onoorwonne op Edenpark sedert 1994 nadat hulle Suid-Afrika 24-17 geklop het. Die senter Quinn Tupaea, wat die wendrie […]
# Atletiek: Die president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe, het erken daar gaan hitte-uitdagings wees tydens die wêreldkampioenskap wat die naweek in Tokio, Japan, begin. Die land beleef sy warmste somer ooit, met gemiddelde temperature tussen Junie en Augustus wat 2,36-grade Celsius hoër as die normale vlakke is. Die temperatuur het gister tot 33-grade gestyg. Coe […]
# COSATU het Suid-Afrika se 0,8-persent groei in die bruto binnelandse produk tussen April en Junie 2025 met omsigtigheid verwelkom. Dit verteenwoordig ‘n styging vergeleke met die 0,1-persent tussen Januarie en Maart. Winste is in mynbou, handel en vervaardiging aangeteken, maar konstruksie het afgeneem. Die federasie waarsku die groei kan van korte duur wees as […]
# Die Regterlike Kommissie van Ondersoek, onder leiding van afgetrede Konstitusionele Hof-regter Sisi Khampepe, oor vermeende pogings om die Waarheid en Versoeningskommissie se ondersoeke te keer, oorweeg ‘n voorlopige tydrooster. Getuieverklarings en ander getuienis word teen 10 Oktober verwag, met mondelinge getuienis vanaf 10 November. ‘n Woordvoerder vir die WVK, Lionel Adendorf, sê die kommissarisse […]
# Die Stad Kaapstad het meer as 700 pasgegradueerde Metropolisieoffisiere gewerf om misdaad in 93 wyke te bestry. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê elke wyk sal toegewyde wetstoepassers kry om buurtpolisiëring te versterk en stewiger bande met die SAPD en buurtwaggroepe te smee. Hy het aan SABC News gesê die inisiatief verteenwoordig ‘n groot belegging […]