# Die Vryheidsfront Plus sê Gauteng moet nou van besprekings oor besoedeling oorgaan na daadwerklike optrede. Dit volg na die Gautengse beraad oor besoedeling, waartydens brandpunte geïdentifiseer is, die verantwoordelikes ter verantwoording geroep is en duidelike sperdatums vir opruimingsplanne voorgestel is. Jaco Mulder van die party sê hulle sal voortgaan om aan te dring op […]
# Die DA sê die Gautengse Departement van e-Regering het verlede jaar sowat een-miljard-rand-aan privaat maatskappye bestee wat omtrent 71-persent van die Departement se aangepaste jaarlikse begroting beloop. Die party vra of die publiek goeie waarde vir hul belastinggeld kry. Michael Waters van die DA sê die Departement het ‘n kontrak van 78-miljoen-rand vir toesigkameras […]
# Nvidia se uitvoerende hoof, Jensen Huang, verwerp waarskuwings dat kunsmatige intelligensie die mensdom kan laat uitsterf en sê dis “oordeelsdagstories”. Huang het aan CBS News gesê daar is ‘n nul-persent kans dat KI die wêreld teen 2030 sal beëindig, en meen dis onverantwoordelik om mense bang te maak. Sy kommentaar kom te midde van […]
# Die Staatsinligtingstegnologie-agentskap se GovTech-konferensie vier sy 20ste bestaansjaar in Durban, KwaZulu-Natal. Die voorsitter van die SITA-raad, Stella Bvuma, sê die geleentheid het gegroei van 600 afgevaardigdes in 2006 tot meer as drie-duisend. Bvuma het tydens ‘n gesprek met SABC News gesê vanjaar se fokus op digitale soewereiniteit beklemtoon die belangrikheid om om te weet […]
# Die Stad Kaapstad bied van Donderdag tot Sondag tydens die Erfenis-naweek gratis toegang tot vier natuurreservate. Inwoners kan die natuurreservate Blaauwberg, Helderberg, Tafelbaai en Tygerberg besoek om aktiwiteite soos stap, voetslaan, voëlkyk en piekniek te geniet. Die Stad sê die inisiatief het ten doel om inwoners die geleentheid te gee om Kaapstad se natuurlike […]
# Die Kaapstadse burgemeester en leier van die DA, Geordin Hill-Lewis, het ‘n belofte gemaak om bekostigbare behuising in die stad uit te brei. Hy het die belofte by die Soutriviermark-terrein gemaak, waar 970 bekostigbare huise beplan word. Die plan sluit in die bou van meer bekostigbare huurhuise, om meer stadsgrond beskikbaar te stel, die […]
# AfriForum sê die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sal strafregtelik vervolg word oor uitlatings wat hy gemaak het oor ‘n beweerde kinderverkragting by die Bergview College in Matatiele in die Oos-Kaap. Die Nasionale Vervolgingsgesag het ingestem om die saak te vervolg. Mbalula sluit dus aan by die EFF-leier, Julius Malema, wat teregstaan op […]
# Die taxibaas en sakeman Joe “Ferrari” Sibanyoni sê bewerings wat hom met verskeie polisiebeamptes verbind, moet ondersoek word. In sy getuienis voor die Madlanga-kommissie het Sibanyoni gesê hy ken persoonlik slegs een van die genoemde beamptes, en wel deur ‘n familielid. Hy ontken enige professionele of sakeverhouding met die betrokke beampte. Sibanyoni het ook […]
# Werkers wat besig was om ‘n verassingsterrein in die noorde van Sri Lanka te vergroot, het die land se grootste bekende massagraf blootgelê, met die oorskot van 572 mense, insluitend kinders en babas. Dit is in die Chemmani-gebied ontdek nadat werk in Februarie begin het. Argeoloë het ook persoonlike besittings gevind, insluitend ‘n bababottel. […]