# Die DA sê Suid-Afrikaners het die reg om te weet wie 20-miljard-rand van die belastingbetaler se geld bestuur. Die party eis dat die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, die volledige lys vrystel van aanstellings deur die Sektor Onderwys- en Opleidingsowerheid wat verlede maand gemaak is, insluitend die name, agtergrond en sektore […]
# Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika sê die staalsektor gaan vinnig agteruit, wat ernstige kommer oor die ekonomie laat ontstaan. Die aantal werkgewers het oor die afgelope vyf jaar met 12-persent gedaal en indiensneming met 23-persent, wat beteken 110-duisend mense het hul werk verloor. Gerhard Papenfus van NEASA gee hoë lone, regeringsinmenging, hoë tariewe, misdaad, […]
# Die Afrika Mayibuye-beweging het die Afrika-Unie versoek om die uitslae van die onlangse verkiesings in Kameroen en die Ivoorkus te verwerp. Afrika Mayibuye sê die proses was onregverdig en het gehelp om ou leiers aan bewind te hou. Sydney Baloyi van die beweging glo Kameroen se president, Paul Biya, wat op 92-jarige ouderdom herkies […]
# Rugby: George Ford is bo Fin Smith verkies as losskakel in Engeland se opdraf-span vir Saterdag se toets teen Australië op Twickenham. Smith is op die bank en Marcus Smith is heeltemal weggelaat. Ford, ‘n veteraan van 102 toetse, behou die nommer 10-trui wat hy tydens die onlangse toer na Argentinië en Amerika gedra […]
# Gemeenskappe in KwaZulu-Natal word versoek om waaksaam te bly aangesien erge donderstorms in die westelike en noordelike dele van die provinsie verwag word. Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, het inwoners in laagliggende areas en gebiede waar vloede voorkom, aangeraai om voorsorg te tref, kinders binnenshuis te hou, oorstroomde riviere […]
# Krieket: Die Protea-vroue hoop dis ‘n geval van derde keer skeepsreg wanneer hulle vandag weer teen Engeland speel in ‘n Wêreldbeker-halfeindstryd. Suid-Afrika het teen Engeland verloor in die voorlaaste rondes van die vorige twee eendag-Wêreldbekertoernooie. Boonop het Engeland die Proteas met ‘n volle tien paaltjies verslaan in hulle eerste wedstryd in vanjaar se toernooi. […]
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bewerings oor bestuursmislukkings, finansiële wanbestuur en uitvoerende wangedrag verwerp en noem dit ongegrond. Volgens die diens is vertragings met die verkryging van ‘n nuwe hoëprestasie-rekenaarstelsel te wyte aan die streng nakoming van verkrygingswette. Volgens woordvoerder, Oupa Segalwe, is deeglike toesig, eerlikheidsoorsigte en gebeurlikheidsplanne ingestel, terwyl ‘n zero-toleransie benadering tot bedrog […]
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta het Suid-Afrikaanse mans versoek om te verenig en jong mans te mentor oor aanspreeklikheid en respek vir vroue. Makaneta het ná die moord op twee vroue in Mamelodi gesê skole kan nie alleen hierdie verantwoordelikheid dra nie. Makaneta het die stigting van mansforums in elke gemeenskap aangemoedig om konflikresolusie en […]
# COSATU het die DA se mosie van wantroue teen die Gautengse premier Panyaza Lesufi gekritiseer en noem dit polities-gemotiveerd. COSATU meen die Openbare Beskermer se bevindings oor die Gautengse Misdaadvoorkomingsbeamptes hou verband met prosedurele onreëlmatighede, en nie korrupsie nie. Die federasie het Lesufi se leierskap ten opsigte van werkskepping en misdaadvermindering geprys en vra […]