# Die jongste syfers deur Statistieke Suid-Afrika toon ‘n toename in ondernemings wat misluk. Totale likwidasies het in September met byna 24-persent gestyg vergeleke met verlede jaar. Maatskappylikwidasies het met 16 gevalle toegeneem, en beslote korporasies met 12. Onica Mushwana van Stats SA sê die eerste nege maande van die jaar het ‘n 3,8-persent toename […]
# Die Valke-kaptein, Barry Kruger, sê hy het waarskuwings geïgnoreer dat die inhegtenisneming van sakeman Katiso “KT” Molefe wettig was, en ‘n polisiehelikopter ontplooi en ekstra beamptes aangevra ten spyte daarvan dat hy meegedeel is die operasie was wettig. Kruger het die Madlanga-kommissie meegedeel hy het nie die lasbrief vir inhegtenisneming nagegaan nie en was […]
# Gholf: Ses putjies van St Andrews se ‘Ou Baan’ word verleng vir 2027 se Ope, hoofsaaklik deur die afslaanbowwe te verskuif. Dit sal die algehele baanlengte tot ses-duisend-807-meter verleng. Ander veranderinge sluit in die verskuiwing van sandkuile op die tweede putjie en die byvoeging van sandkuile op drie ander putjies. Neil Coulson van die […]
# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, waarsku Safa om te verseker die groep junior spelers raak nie in die stelsel verlore nie. Hy het die beheerliggaam gevra vir gereelde kampe en vriendskaplike wedstryde en gesê dis nie genoeg om die jong spelers slegs na die junior Afrikabekertoernooi en die Wêreldbeker te neem nie. […]
# Inwoners van ‘n krotbuurt in Rio de Janeiro het meer as 40 liggame op ‘n plein in rye neerlê ná die bloedigste polisie-operasie in die stad se geskiedenis. Daar is nog geen amptelike bevestiging of dit die 60 vermeende lede van ‘n dwelmbende insluit wat Dinsdag in ‘n reuse teendwelm-operasie in twee krotbuurte in […]
# Die DA in Tshwane sal vandag tydens die Stad se gewone raadsvergadering ‘n mosie van wantroue teen die ANC-onderburgemeester Eugene Modise indien. Die DA-lid, Jacqui Uys, sê die mosie is om aaspreeklikheid te verseker na berigte dat Modise na bewering voordeel getrek het uit ‘n sekuriteitskontrak van etlike miljoene rand met die munisipaliteit. Sy […]
# ‘n Nuwe Oxford-studie in Nature het aan die lig gebring Afrika se ekostelsels werk teen minder as twee-derdes van hul oorspronklike energie, wat bioverskeidenheid en voortbestaan bedreig. Die hoofskrywer van Oxford se Omgewingsveranderingsinstituut, Ty Loft, sê die uitwerking van natuurlewe wat voedingstof-siklusse en saadverspreiding aanvoor, het sedert voor-koloniale tye afgeneem. Loft waarsku die verlies […]
# RISE Mzansi sal Vrydag die 1,5-duisend-miljard-rand dobbelkrisis in Suid-Afrika tydens ‘n mini-debat in die Nasionale Vergadering in die kollig plaas. Die Nasionale Dobbelraad se jongste verslag toon die bruto dobbelinkomste het van 59-miljard-rand in 2023/24 gestyg tot 75-miljard-rand in 2024/25, wat dui op ‘n dringende behoefte aan ingryping. RISE Mzansi se Parlementslid, Makashule Gana, […]
# Die Nasionale Verbruikerskommissie het herroepings deur BMW Suid-Afrika en Stellantis bevestig. BMW herroep 75 BMW Reeks 1 en 2-modelle, asook X1 en X2-voertuie wat in 2025 met foutiewe veiligheidsgordels verkoop is. Stellantis herroep Opel Astra-modelle van tussen 2004 en 2015 vir foute in die lugsakopblaasmeganismes wat ernstige beserings of selfs die dood kan veroorsaak. […]