# Netcare het sy verbintenis tot kritieke noodsorg herbevestig na berigte oor die behandeling van ‘n beampte van die Johannesburgse Metropolisie. Volgens Netcare se besturende direkteur, Erich Bock, het die beampte Woensdag dadelik lewensreddende sorg by die Netcare Milpark-hospitaal ontvang en is later oorgeplaas vir verdere behandeling. Bock het volle ondersteuning vir die beampte en sy gesin bevestig. Hy sê hoewel die Johannesburgse metroraad Netcare geld skuld, bly hulle in gesprek met die Stad om die saak op te los en te verseker dat die diens gelewer word.
Netcare herbevestig sy verbintenis tot noodsorg vir metropolisielede in Johannesburg