# Netbal: Die wêreldbeheerliggaam het planne aangekondig vir ‘n Wêreldbekertoernooi elke twee jaar in plaas van die huidige vier jaar weens onsekerheid oor die toekoms van die Statebondspele. Die Spele se organiseerders sukkel om gasheerstede te kry weens die toenemende koste. Die volgende Wêreldbekertoernooi word beplan vir oor twee jaar in Australië. Wêreldnetbal sê hulle wil die sport oor die langtermyn laat groei. Planne is ook aangekondig vir ‘n Wêreldbekertoernooi vir mans omdat die sport al gewilder word onder mans.
Netbal: Wêreldbeker kan dalk elke twee jaar plaasvind weens onsekerheid oor toekoms van Statebondspele