# Netbal: Die Suid-Afrikaanse onder-21-span het geskiedenis gemaak deur die eerste keer ooit ʼn plek in die Netbal Jeug-wêreldbeker se halfeindronde in Gibraltar te bespreek. Die Baba-Proteas het die Cook-eilande in die kwarteindronde met 79–45 afgeransel. Suid-Afrika se vorige beste by die toernooi was ʼn vyfde plek. Die Baba-Proteas takel vandag in die halfeindronde die viermalige wêreldkampioene van Australië. Die verdedigende kampioene, Nieu-Seeland, kom in die ander halfeindwedstryd teen Engeland te staan.
Netbal: Baba-Proteas eerste keer deur na Jeug-wêreldbeker se halfeindronde