Skip to content

Netbal: Baba-Proteas deur na kwarteindronde van Jeug-wêreldbeker

# Netbal: Die Suid-Afrikaanse onder 21-span is deur na die kwarteindronde van die Netbal Jeug-wêreldbeker in Gibraltar. Die Baba-Proteas is steeds onoorwonne by die toernooi ná ʼn gemaklike 85-35-sege oor Fidji in hul laaste Groep D-wedstryd. Suid-Afrika, wat tot dusver slegs vyfde kon kom by die toernooi, takel vandag die Cook-eilande vir ʼn plek in die halfeindronde. Ander spanne in die kwarteindronde is die verdedigende kampioene van Nieu-Seeland, Australië, Skotland, Engeland, Jamaika en Malawi.