# Netbal: Australië se beroeps- Superliga gaan die volgende drie jaar na meer as 60 lande uitgesaai word na ‘n ooreenkoms tussen die beheerliggaam en die All Women’s Sports Network van die Hollywood-aktrise Whoopi Goldberg. Die sport is uiters gewild in Australië, met ‘n geraamde miljoen spelers. Agt spanne neem deel aan die Superliga, waarvan 41 wedstryde nou op AWSN uitgesaai gaan word. Netbal Australië se uitvoerende hoof, Stacey West, sê die deurbraak-ooreenkoms plaas die sport op die wêreldverhoog.
Netbal: Australiese beroepsliga wêreldwyd uitgesaai danksy ooreenkoms met Whoopi se TV-netwerk