# Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê die Weermag gaan Gaza in die komende dae met alle mag stormloop. Hy het aan beseerde reserwemag-soldate gesê die optrede is daarop gemik om Hamas uit te roei. Israel het sy militêre optrede op 18 Maart hervat tydens ‘n dooiepunt oor die voortsetting van die skietstaking van 19 Januarie, wat die oorlog met die Palestynse militante grootliks tot stilstand gebring het. Die Israelse regering het vroeër die maand planne goedekeur om die aanslag uit te brei, en woordvoerders praat van ‘n langtermyn-teenwoordigheid daar.
Netanyahu sê Weermag gaan Gaza binne volgende paar dae stormloop