Skip to content

Netanyahu sê Israelse weermag gaan nie uit Gaza onttrek voor Hamas heeltemal ontwapen is nie

# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê sy land se weermag gaan nie sy huidige posisies in Gaza opgee voor Hamas heeltemal ontwapen is nie. Dit kom te midde van meningsverskille oor ʼn voorstel van president Donald Trump van Amerika se Vredesraad dat Hamas volgens ʼn skietstilstandooreenkoms ontwapen word en Israel uit Gaza onttrek. Israel se weermag beset tans sowat 70-persent van die Gaza-strook. Netanyahu sê Israelse magte sal voortgaan om te doen wat nodig is om hulleself, die land se grondgebied en landsburgers te beskerm.