Skip to content

Netanyahu sê Israel se bondgenootskap met Amerika was nog nooit sterker nie [KLANK]

# Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het Sondag in Jerusalem met Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, vergader. Dit volg ná Israel se aanval op ʼn Hamas-vergadering verlede week in Katar, ʼn belangrike Amerikaanse bondgenoot in die streek. Rubio se besoek volg terwyl Israelse magte voortgaan om woongeboue in Gaza-stad te vernietig, en duisende dwing om te vlug voor ʼn grondaanval om die stad in te neem. Netanyahu, wat Rubio op ʼn toer na die Westelike Muur vergesel het, sê Israel en Amerika se verhouding is sterk:

ENG NetanyahuOnUSRelations