# Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu sê Iran sal bo-aan die agenda wees wanneer hy vandag met president Donald Trump in Washington vergader. Die twee leiers sal vir die agtste keer vergader sedert Trump weer verkies is, en die eerste keer sedert Februarie, net voordat Israel en die VSA ‘n gesamentlike veldtog teen Teheran van stapel gestuur het. Netanyahu sê sy eerste prioriteit is om die veiligheid, sterkte en toekoms van Israel te verseker. Tydens sy besoek sal Netanyahu ook die begrafnis van die oorlede Republikeinse senator, Lindsey Graham, bywoon.
Netanyahu sê Iran sal bo-aan die agenda wees wanneer hy vandag met Trump vergader