Skip to content

Netanyahu sê Hamas se nederlaag moet voltooi word sodat gyselaars vrygelaat word

# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê die weermag moet die nederlaag van Hamas in Gaza “voltooi” om die gyselaars vry te laat, voor ‘n verwagte vergadering met veiligheidshoofde oor ‘n opgedateerde oorlogsplan. Hy sê dit is nodig om te verseker dat Gaza nie meer ‘n bedreiging vir Israel sal inhou nie. Israeliese media berig Netanyahu sal na verwagting later vandag in Jerusalem met die stafhoof en die minister van Verdediging vergader, en hy oorweeg om die algehele besetting van die Palestynse gebied te beveel.