Skip to content

Netanyahu sal oorlog in Gaza beëindig indien Hamas oorgee

# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy is bereid om ʼn ooreenkoms met Hamas aan te gaan, ondanks die Israelse Weermag se uitgebreide operasie in Gaza die naweek waarin meer as 100 mense dood is. Hamas en Israel het Saterdag in die Katarse hoofstad, Doha, met onregstreekse samesprekings begin. Netanyahu sê die onderhandelingspan oorweeg enige ooreenkoms wat die vrylating van alle gyselaars, die verbanning van Hamas-terroriste en ontwapening van die Gaza-strook insluit.