Skip to content

Netanyahu sal na verwagting weerbarstig wees tydens toespraak by VN Algemene Vergadering

# Die Israelse Eerste Minister, Benjamin Netanyahu, sal na verwagting vandag ‘n weerbarstige boodskap aan die Verenigde Nasies teen ‘n Palestynse staat lewer, maar hy verkeer tog onder druk van die Amerikaanse president Donald Trump, wat ‘n skikking oor Gaza wil hê. Netanyahu sal die VN Algemene Vergadering toespreek dae nadat Frankryk, Brittanje en verskeie ander Westerse moondhede ‘n Palestynse staat erken het. Israel se langsdienende eerste minister, het lankal reeds ‘n Palestynse staat verwerp, en sy regse bondgenote oorweeg die besetting van die Wesoewer om enige werklike vooruitsig van ‘n onafhanklike Palestina te vernietig.