Skip to content

Netanyahu kritiseer landwye betogings en sê hulle versterk Hamas se posisie

# Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu het gister se betogings veroordeel en sê dit versterk Hamas se posisie en belemmer die gyselaars se vrylating. Duisende Israeli’s het aan landwye betogings deelgeneem met die grootste skare in Tel Aviv se Gyselaarplein. Hulle vra ʼn einde aan die Gaza-oorlog en ʼn ooreenkoms dat Hamas die res van die gyselaars vrylaat. Die betogers het ook die regering se planne veroordeel om beheer oor Gazastad te neem en sê dit stel die lewens van die sowat 20 gyselaars in gevaar.