Skip to content

Netanyahu gee Israelse magte opdrag om 70% van die Gaza-strook oor te neem

# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê sy land is nie meer net ʼn streeksmag nie, maar ʼn wêreldmag. Hy het by ʼn konferensie in die Wesoewer gepraat. Netanyahu sê Israel beheer tans 60-persent van die Gaza-strook, maar hy het sy militêre magte opdrag gee om uit te brei en 70-persent van die gebied in te neem. Die oorname van ʼn groter deel van Gaza sal sowat twee-miljoen Palestyne in ʼn krimpende deel van die kusgebied se terrein indwing. Netanyahu sê Israel was nog nooit sterker as nou nie.