# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê ʼn sterk, regse nasionale regering moet gevorm word en geen leier behoort te regeer danksy die steun van Israelse Arabiere, wie se partye veld gewen het in gister se verkiesing nie. Peilings toon sy regeringsgroepering loop kop aan kop met dié van die voormalige militêre hoof, Gadi Eisenkot, met 51 setels elk. Eisenkot sê hulle het geskiedenis gemaak en beloof om seker te maak die mense se besluit lei tot ʼn Sionistiese regering wat bestendig en goed vir alle landsburgers is.
Netanyahu en Eisenkot gereed om hul eie regerings te vorm ondanks moontlike gelykop-uitslag