# Die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu sê hy het die Verenigde Arabiese Emirate midde in die oorlog met Iran in die geheim besoek waar hy die president Sheikh Mohamed bin Zayed Al Nahyan ontmoet het. Hy voer aan dit het gelei tot ‘n geskiedkundige deurbraak in die verhouding tussen die twee lande. Iran het in Mei ‘n reeks missiele en hommeltuie op die Emirate afgevuur. Die Emirate ontken die beweerde besoek deur Netanyahu en sê sy betrekkinge met Israel berus nie op geheimhouding of skelm ooreenkomste nie.
Netanyahu besoek Emirate “in geheim” midde in oorlog met Iran