# Die Israeliese premier Benjamin Netanyahu het belowe om wraak te neem teen Jemen se Houthi’s na ‘n missielaanval op die terrein van Israel se hooflughawe. Die missiel het Sondagoggend naby die hoofterminaal van Ben Gurion-lughawe geland en vier mense beseer. Delta Air Lines, Lufthansa, Air France en Ryanair het vlugte opgeskort. Netanyahu sê aanvalle deur die Houthi’s kom van Iran af, en voeg by dat hul reaksie bestaande uit verskilende fases op ‘n tyd en plek van hul keuse sal plaasvind.
Netanyahu beloof ‘n reaksie met verskillende fases teen Houthi-rebelle na aanval op lughawe