# Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het ‘n gewysigde, onderhandelde prysooreenkoms met Eskom vir twee ferrochroom-produsente goedgekeur. Dit sluit tussentydse toegewings in. Die kragvoorsiener het aansoek gedoen vir ‘n tarief van 62-sent-per-kilowatt-uur vir die smeltoonde. Eskom se uitvoerende hoof, Dan Marokane, sê die ooreenkoms ondersteun nywerheidskapasiteit, werkskepping en ekonomiese bedrywighede terwyl gewone verbruikers en belastingbetalers teen bykomende koste beskerm word. Die ooreenkomste is vyf jaar vir Samancor Chrome geldig en drie jaar vir Glencore-Merafe Venture.
Nersa keur spesiale Eskom-tariefooreenkoms vir Ferrochroom-produsente goed