# Die Nasionale Energiereguleerder het die begin van ‘n marknavorsingsprojek aangekondig gefokus op die instelling en uitwerking van vaste en ander verwante koste wat deur elektrisiteitsverspreiders, insluitend Eskom en munisipaliteite, gehef word. NERSA se woordvoerder, Charles Hlebela, sê die ondersoek is daarop gemik om te vas te stel hoe verspreiders hulle koste geformuleer het, wat gelei het tot buitensporige toevoegings tot die goedgekeurde tariefverhoging van 12,74-persent wat vir Eskom in die 2025/2026-boekjaar toegestaan is: