Skip to content

Nepal se tussentydse eerste minister gaan binne ses maande mag oordra

# Nepal se pasaangestelde tussentydse eerste minister sê sy sal nie langer as ses maande in die pos wees nie. Sushila Karki sê sy sal mag oorgee aan die nuwe regering wat na die verkiesing op 5 Maart volgende jaar gevorm sal word. Haar aanstelling volg nadat meer as 70 mense dood is tydens anti-korrupsie-betogings wat die Nepalese regering omvergewerp het. Karki het die ampseed afgelê na ‘n ooreenkoms met protesleiers van die sogenaamde “Gen Z”-beweging. Die massabetogings het op 8 September begin en is aangevuur deur ‘n verbod op sosiale mediaplatforms.