Skip to content

Nelson Mandelabaai se onderburgemeester met R2 000 beboet omdat hy nie in die hof verskyn nie

# Die onderburgemeester van Nelson Mandelabaai, Gary van Niekerk, is ‘n boete van twee-duisend-rand of 30-dae tronkstraf opgelê omdat hy versuim het om in die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Gqeberha in die Oos-Kaap te verskyn. Van Niekerk het homself na bewering wanvoorgestel as speaker van die raad en regsfirmas sonder magtiging aangestel, wat gelei het tot eise van meer as 550-duisend-rand. Polisiewoordvoerder Ndiphiwe Mhlakuvana sê Van Niekerk het die boete betaal, en die strafsaak teen hom is tot môre uitgestel.