Skip to content

Nehawu in Gauteng gaan by die kantore van die Hoër Onderwys-departement betoog

# Die Nasionale Onderwys, Gesondheids- en Verwantewerkersvakbond in Gauteng gaan vandag by die hoofkantoor van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding in Pretoria betoog. Die vakbond sê die protesoptrede is teen die swak administrasie van die departement wat deurgaans swak diens en ondersteuning aan naskoolse onderwys en opleiding lewer. Nehawu sê dit is die gevolg van die totale ineenstorting van die Korporatiewe Dienste-tak wat slegs met noodsaaklike personeel bedryf word weens vakante poste veral op senior bestuursvlak.